Perth Afrikaans Reformed Church

Saturday, September 04, 2010

Bedieninge

     

OMGEEGROEPE

 

Die groter Perth metropool strek ongeveer 30 km. noord en 30 km. suid van die Swanrivier , en tot die Darling reeks in die ooste. Vir nuwe immigrante is dit dus moontlik,  om in hierdie groot en vreemde gebied,  verlore en eensaam te voel.  Die kerkraad het vroeg in 2006 besluit om die beginsel van omgeegroepe in die gemeente te vestig.

 

‘n Tipiese omgeegroep bestaan uit vyf tot sewe gesinne . ‘n Omgeegroepleier neem verantwoordelikheid vir die funksionering van die groep . Tans word groepe nie tot gevestigde wyksgrense beperk nie , en word individuele huisgesinne die vryheid gegun om te besluit waar hulle wil inskakel.

 

Bybelstudie word aan die hand van voorafuitgewerkte studiemateriaal gedoen. Groeplede bid ook vir mekaar en bedien mekaar deur hulle onderskeie gawes. So word mense as lede van die gemeente en as broers en susters van mekaar , mekaar se troosters , raadgewers , helpers en ondersteuners. “ As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen , namate hy ‘n genadegawe ontvang het , die ander dien” (1Pet.4:10)

 


GEBEDSKETTING

 

Daar bestaan ‘n aktiewe gebedsketting in die gemeente. As geestelike noodhulpspan onder leiding van die Heilige Gees , hanteer hulle alle gebedsversoeke wat mense in geestelike of emosionele nood aan hulle rig .

 


JEUGBEDIENING

Die kategese en jeugbediening is saam met die pastorale versorging en Woord-verkondiging een van die  prioriteite in die kerk se bediening .

 

Kinderkerk : In Januarie 2006 is daar begin om vir 3 - 6 jarige kleuters gedurende die erediens afsonderlik kerk te hou . So ver moontlik word daar by dieselfde boodskap as die van die erediens gehou, maar aangepas tot  hulle vlak. ‘n Groep Mammas in die gemeente aanvaar verantwoordelikheid vir hierdie belangrike bediening.

 

Kategese : Daar is tans oor die 130 kinders ( vanaf voorskools tot belydenisklas ) wat kategese-onderrig ontvang.  Daar word geleidelik oorgeskakel na die kategese materiaal van die Christian Reformed Church of Australia .

 

Senior Jeug :  Skoolgaande jongmense vanaf graad 10 tot werkende asook  studerende jeug is ‘n baie aktiewe deel van die gemeente.

 

Senior en werkende Jeug :  Daar is `n groot aantal werkende jongmense wat aktief deel van die gemeente is.  Daar is elke Woensdag aand om 19H00 `n omgee groep wat vergader om die Woord.

 

Jong getroudes  :  `n Omgee-groep is geskep om ook die jong getroudes te akkomodeer.  Elke Donderdag aand om 19H00 vergader die groep om geestelik verryk te word.

 

Daar word  gereeld uitstappies, samekomste  en `n jeugkamp (elke jaar) gereël vir gelowige jong christene.

 

Indien jy nog nie ingeskakel het nie .... kontak gerus vir ds. Gerhard Bredenkamp  (ds.gerhard@parc.org.au) of Anita Bredenkamp - (anita@parc.org.au)

 


MEUBELBANK

Dit gebeur soms dat daar ‘n vertraging voorkom in die verskeping van meubels uit Suid-Afrika . Die gemeente beskik oor ’n meubelbank wat hulle graag leen aan lidmate of voornemende lidmate . Rig navrae aan navrae@parc.org.au, en vind uit wat beskikbaar is.