Perth Afrikaans Reformed Church

Saturday, September 04, 2010

Belydenisskrifte

Die gemeente onderskryf die geloofsoortuigings van die gereformeerde kerke regoor die wêreld deur al die eeue. Die gemeente het die volgende belydenisskrifte as deel van sy belydenis:

  • Die Heidelbergse Kategismus
  • Dordtse leerreels
  • Nederlandse Geloofsbelydenis

Die volgende geloofsbelydenisse word ook aanvaar:

  • Apostoliese Geloofsbelydenis (12 Artikels)
  • Niceense Geloofsbelydenis
  • Geloofsbelydenis van Athanasius

Belydenis

Ons glo die Bybel is die onfeilbare woord van God en hoewel die Bybel deur mense geskryf is, is dit deur die Heilige Gees geinspireer en sonder foute.

 

Ons glo God is almagtig en heilig, en dat Sy ALMAG  en HEILIGHEID altyd eerbiedig en bevorder moet word,  in alle aspekte van ons lewe.