Perth Afrikaans Reformed Church

Saturday, September 04, 2010

Ds. Gerhard en Anita Bredenkamp : Parc gemeente se eerste leraars-gesin

 

Perth Afrikaans Reformed Church  gemeente, se eerste voltydse en inwonende leraarspaar, Ds. Gerhard Bredenkamp en Anita, arriveer op 31 Desember 2006, vergesel van hul dogter Anzel.  Hul seun Du Toit arriveer in Januarie 2007.

 

Op 7 Januarie 2007 teken ds. Gerhard, Anita en Anzel in as lidmate van die Parc gemeente, en ds. Gerhard gee sy intree-preek. 

 

Op 4 Februarie, op PARC se geskiedkundige Stigtingsondag, word ds. Gerhard bevestig as leraar. 

 

Vir die Perth Afrikaanse Church gemeente  is hierdie `n geskiedkundige gebeurtenis en alle dank gaan aan ons Hemelse Vader, vir die wonderlike voorreg om ds. Gerhard en sy gesin hier in Perth te kon ontvang.

 

Ds. Gerhard se e-pos adres is  :

ds.gerhard@parc.org.au

Ds. Gawie en Wilna van der Merwe : Outreach Western Australia

Outreach WA is ‘n gesamentlike uitreik-aksie van  die Perth Afrikaans Reformed Church en die  NG Gemeente Grimbeekpark te Potchefstroom, Suid Afrika.

Outreach WA is gestig as ‘n uitreik-aksie deur die twee kerke,  om aanvanklik uit te reik na die Afrikaanssprekende Immigrante, wat in die platteland van Wes Australië woon, om hulle ook te bedien in hulle moedertaal.

Borge is in Suid Afrika bekom vir die aksie,  en was dit moontlik vir NG Gemeente Grimbeekpark om ds. Gawie en Wilna van der Merwe uit te stuur,  om  saam met PARC,  die bediening aan die groot groep immigrante in die Afrikaans gemeenskap, wat nie ‘n tuiste in die plaaslike kerke vind nie , te kan bedien.

 

 

Besoekende leraars

Die volgende leraars het waargeneem vanaf stigting tot en met " Perth Afrikaans Reformed Church"  se  eerste leraarspaar se  ontvangs en bevestiging in die gemeente (Januarie 2007)

Ds. Daniel Viljoen  - Oktober 2003

Dr.  Anton Oliphant van die NG-Kerk Lorraine.  - Desember 2003 tot Februarie 2004 .  

Ds. Daniël Viljoen en sy gesin het intussen na Perth geïmmigreer en neem van 1 Februarie 2004 tot 31 Maart 2005 waar as leraar.

Dr.  Anton Oliphant, vergesel van sy vrou Tilla,  April tot  Mei 2005 .

Dr. Andries Cilliers en sy vrou Sonja van Potchefstroom,  tot aan die einde van  Augustus 2005.

Ds. Dawie de Wet, dr. Bennie Wolvaardt, ds. Nicky Alberts en ds. Willie Botha  tot aan die einde van November 2005.

Ds.  Francois Smit vanaf 28 November tot 26 Desember 2005.

Ds. Gerhard Bredenkamp en sy vrou Anita -  28 Desember 2005 tot 08 Februarie 2006

Ds. Gawie v.d. Merwe en Wilna  - Februarie tot Maart 2006

Ds. Gerhard Bredenkamp  - Maart tot April 2006.

Ds. Frikkie Marais -  Junie tot Julie 2006.

Ds. Bennie Wolvaardt en ds. Anton Beukes van Veritas College Perth, onderskeidelik op 9 Julie 2006 en 16 Julie 2006.

Ds. James Walters en Leonie van Bloemfontein – Julie tot September 2006

Ds. Hansie Roelofse en Frances  -   September 2006  tot November 2006.

Ds. Bennie Wolvaardt van Veritas staan ons by  tot 3 Desember 2006 waartydens ds. Gawie v.d. Merwe van Outreach WA waargeneem het.

Op 7 Januarie 2007 neem ds. Gerhard Bredenkamp  oor as permanente leraar.