'n AFRIKAANSE Gereformeerde bediening vir Afrikaans-sprekendes
IN PERTH

Ons het tans twee bedieningspunte en die eredienste vind op die volgende plekke plaas:

NOORD: Plek: Sewendedag-Adventiste-Kerk, Clarkson

Adres: h/v Marmionlaan en Renshaw Boulevard
(UBD: Bl 124 P4)

Tyd: Sondagoggende om 09:30
Kategese vind plaas na die erediens
ELLENBROOK: Plek:
Ellenbrook Christian College

Adres:
5 Santona Blvd, Ellenbrook

Tyd:
09:30

Parkering: Ingang in San Lorenzo Blvd

Beplan u om na Perth te emigreer E-pos gerus This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of kontak ds. James Walters ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ) om te verneem hoe ons u behulpsaam kan wees.

Erediens Video

Jeugbediening

Jeug2
Die kategese en jeugbediening is saam met die pastorale versorging en Woord-verkondiging een van die prioriteite in die kerk se bediening.

 

Lees verder...

Kerk Kalender

Wie is ons

Uitdagings van 'n unieke bediening

'n Kerk in Australië wat sy bediening op die Afrikaanssprekendes toespits, vereis 'n spesiale benadering. Baie immigrante het slegte ervarings in Suid-Afrika gehad, en het baie verloor om hier te wees. Ons is ook te trots of te skaam om ernstige probleme by die werk, met finansies, die huwelik of kinders openlik te bespreek. Dit en die stres van emigrasie, waar jy sonder 'n ondersteuningstelsel van familie en vriende groot aanpassings in lewenstyl en -kwaliteit ervaar, vereis dat die kerk lidmate met liefde en baie geduld, pastoraal sal versorg en ondersteun.

Lees verder...

Gemeente Nuus

Besoekende Leraar

Ons verwelkom André Oosthuizen.

Lees verder...

Afrikaanse Eredienste

Ons het die wonderlike voorreg om drie Afrikaanse eredienste, elke Sondagoggend om 09H30 te hou, in die kerkgeboue van die Sewende Dag Adventiste noord in Clarkson en oos by Ellenbrook Christian College te Ellenbrook en suid in Palmyra. Vir elke immigrant is hierdie eredienste 'n absoluut wonderlike en verrykende ervaring. Ons dank ons Hemelse Vader dat dit moontlik is!

Ons gemeente is tans besig om te groei teen 'n fenominale tempo en die behoefte aan 'n eie kerkgebou word al hoe groter. Bid asb. saam met ons vir die Here se leiding in hierdie verband.

Skakel In

Omgeegroepe

Die groter Perth metropool strek ongeveer 30 km. noord en 30 km. suid van die Swanrivier , en tot die Darling reeks in die ooste. Vir nuwe immigrante is dit dus moontlik, om in hierdie groot en vreemde gebied, verlore en eensaam te voel. Die kerkraad het vroeg in 2006 besluit om die beginsel van omgeegroepe in die gemeente te vestig.

 

Lees verder...